logo
Lyric cover art as blurred background
Lyric cover art

Jy Stel My Teleur

Live in Lockdown
Apple Music logo
Apple Music logo

Deezer logo
Deezer logo

Spotify logo
Spotify logo
Share icon
Lyrics
So ek hoop jy het die tyd van jou lewe gehad
Ek hoop jy't die beste van al jou tyd hier gemaak
Daar's 'n foto in my laai van toe ons agtien was
Net nog 'n rat in die masjien, been en proteïen

Mekaar vermoor en weer opgestaan jy's seker mal
As jy dink ware liefde bestaan
Ongeduldig en naïef jy's hardkoppig en ek het jou so lief

Jy stel my teleur
Jy laat my in die steek, keer op keer
Ek verwag soveel meer van jou
Maar jy stel my teleur

So as dit nou is hoe ek voel
Voel ek dalk nou wat jy ook voel?
Dit het so reg gevoel, dit was verkeerd gewees
Net nog 'n oop-boek toets waarvoor ek meer moes leer

Jy's nie presies wat ek beplan het nie
Toe nie so slim soos wat ek gedink het nie
En daar is niks om hier te sien nie
Nie tyd om bang te wees nie want ons almal bloei dieselfde kleur

Jy stel my teleur
Jy laat my in die steek, keer op keer (Keer op keer)
Ek verwag soveel meer van jou
Maar jy stel my teleur

Jy stel my teleur
Jy laat my in die steek, keer op keer (Keer op keer)
Jy stel my teleur
Jy stel my teleur
Jy laat my in die steek, keer op keer (Keer op keer)
Ek verwag soveel meer van jou
Maar jy stel my teleur

WRITERS

Fred Den Hartog, Hunter Kennedy, Pierre Greeff

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other